Standard (EADGBE)

Intro

 Al sou jy dalk eendag by ‘n ander man slaap

 En party keer my ore van my kop af praat

 Jy’s ’n teelepel suiker jy’s ’n handvol kaneel

 Jy’t my hart gesteel

Trane loop oor jou wang soos wyn

 Jou drome is groot maar jou wereld is klein

 Daar’s ’n boek vol dinge wat ek wil se

 En suikerbos ek wil jou he

Suikerbos ek wil jou he

 Ons kan droom van ’n huis wat ver oor die blou berge le

 In my drome kan ons dans tot waar die tyd stilstaan

 Ek en my suikerbossie saam

Weet jy dat ek somtyds nog vir jou skryf

 Van die maan wat dans oor jou sagte lyf

 En die son wat sing oor jou sagte mond

 En my dag sal kom

Het ek jou vertel dat ek jou wil he

 En val al die dinge wat ek jou wou se

 Maar dis ’n ander man wat nou langs jou le

 En suikerbos ek wil jou he

Ek glo nie ek gaan vanaand huistoe kom nie

 Ek gaan ry deur die nag, deur die reen, deur die wind

 Tot naby jou

Suikerbos ek wil jou he

 Ons kan droom van ’n huis wat ver oor die blou berge le

 In my drome kan ons dans tot waar alles sin kan maak

 Ek en my suikerbossie

 Ek en jy suikerbossie

 Ek en my suikerbossie saam