Standard (EADGBE)

 In die donker gang is 'n lig wat skyn

 Maar die vlam is delikaat en fyn

 En ek het verlang na die lentetyd

 Op my oom se plaas sonder elektrisiteit

2de Vers:

My tannie sê: My kind, my kind

Die liefde en die motte is blind

Vanmelee se dae in die lentetyd

Was daar wel, ja wel 'n bietjie elektrisiteit

REFREIN:

Diep in die donker gang

 Het ek na iets verlang

 Ek het die wind hoor sing

 Lente sal liefde bring

 Ek het die dag hoor kwyn

 Dis net die son wat nou verdwyn

 En soos die aarde draai

 Sal 'n haan weer kraai

3de Vers:

In die donker gang is 'n skildery

Van De Wet, Cronjè, en De la Rey

En die perde se oë het moeg gelyk

Want die strewe na vrede is 'n eindelose stryd

4de Vers:

Laat een aand word die dag soos nag

Die storm bars met al sy krag

En ek het in die gang weggekruip

Want ek was so bang vir die elektrisiteit

REFREIN

5de Vers:

In die donker gang word die vlam weerkaats

In die prent waar die skadu's dans

Maar die vlam is delikaat en fyn

En dit kan soos'n dief in die donker nag verdwyn

REFREIN